What in the World is God Doing?
Ons Bediening en Visie Ons Bediening en Visie
(Click HERE to view in English)
RAIN International SA

RAIN International SA, met hoofkwartier in Kempton Park, Suid-Afrika, is gestig deur Jan en Annika van Rooyen (hulle woon ook in Kempton Park, SA).

Jan & Annika is staan alreeds in Bediening en Besigheid vir die afgelope 40 jaar, en hul passie is om die Goeie Nuus van God se Koninkryk te verkondig en die Woord uit te lê aan almal wat honger en dors na meer van God (besoek Woord Studies).Jan en Annika het 'n voorliefde om God se Woord uit-een te sit

Deur 'n proses van opleiding, instruksie en afrigting bou Jan & Annika in die lewens van Christene in sodat die Kerk sterk kan staan as 'n Verbonds Gemeenskap met die vermoë om 'n tasbare en standhoudende impak te kan maak op plaaslike gemeenskappe, landstreke en volke.

Die Bediening - Studie en Onderrig in die Woord, Afrigting van Leiers

Jan van Rooyen bedien tydens 'n KerkdiensJan & Annika het albei 'n brandende begeerte om 'n honger en dors in die harte van Gelowiges aan te wakker vir die inwonende Volheid van Christus sodat Christene met duidelikheid God se doel vir hulle lewens kan onderskei.

Gedurende die bykans 40 jaar van bediening het Jan & Annika die voorreg gehad om in verskeie kerke, konferensies en seminare te bedien. God het ook geleenthede geskep waar hulle dien as adviseurs aan Kerke & Bedienings, sowel as Staats- & Besigheids Leiers - besoek HIER vir meer...

Besigheids Leiding en Werksplek Bediening

Jan & Annika is ook die Direkteure van hulle eie Besighede, met die gevolg dat hulle die vermoë besit om Christene op te lei wat betrokke is in die Werksplek en ook hul eie Besighede besit. Hulle is ook gesogte gassprekers by Besigheids Seminare en Konferensies, en gee gereeld raad en advies aan besigheidsmans en vroue wat wysheid en ondersteuning benodig met hulle besighede en organisasies.

• Om die Geloofs Formulier van RAIN International SA te lees, besoek HIER...

Stuur jou Gebeds Versoeke na die RAIN International SA Gebeds Sentrum...

Previous Page | Top of Page


© 2000 - 2024 RAIN International SA
P.O. Box 648 - Edenvale - South Africa - 1610
Contact RAIN International South Africa
Website Maintained by JvR Online Marketing SA